Paleis van Whitehall

Die Paleis van Whitehall vanuit die weste gesien (c. 1675, Hendrick Danckerts).
’n Plan uit 1638 deur Inigo Jones vir ’n nuwe paleis op die terrein wat nooit gebou is nie.

Die Paleis van Whitehall (Engels: Palace of Whitehall) of White Hall was die hoofwoning van die Engelse konings in Londen van 1530 tot 1698, toe alles behalwe die banketsaal afgebrand het. Voor die brand was dit die grootste paleis in Europa – met meer as 1 500 kamers was dit groter as die Vatikaan en Paleis van Versailles.[1] Die naam van die pad waaraan baie van die Britse regering se administratiewe geboue geleë is, kry sy naam van dié paleis.

  1. "Whitehall" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2004. Besoek op 15 Augustus 2012.

Developed by StudentB